Welkom by Kleuterkommando

Die Kleuterskool waar elke kleuter die geleentheid kry om te ontwikkel tot sy volle potensiaal en 'n soldaatjie vir Jesus te word!

Omsendbriewe 2020








                                                                                                                  6 November 2020

 

Liewe ouers

Welkom terug vir die laaste kort  kwartaal!🌸  Die tyd vlieg verby, kon nie glo toe ek sien hierdie kwartaal het net 6 weke!  👀

Ons wil net baie dankie sê vir jul harde werk met die verkoop van die lootjies!

Ons Gradepledigheid vind  plaas 19 November vir ns Gr R kleuters. Ons sal volgende week meer inligting aan die Gr R ouers deurgee.👨‍🎓

Voorrade vir die 4de kwartaal is as volg:

 

Wieg 1:        Almal:        1 houer tissues, 1 bottel skottelgoedseep. 1 rol swartsakke

Wieg 2:        Almal:        1 houer tissues, 1 rol swartsakke, 1 Jik/Domestos of Handy Andy

Eendjies :     Seuns:        5 rolle t/papier en 1 toiletreiniger of Domestos

                     Dogters:    5 rolle t/papier en houer tissues

Bokkies:        Seuns:       5 rolle t/papier en 1 waspoeier

                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 tissues

Jakkalsies:   Seuns:        5 rolle t/papier en skottelgoedseep

                     Dogters:    5 rolle t/papier en waspoeier

Bytjies:          Seuns:       5 rolle t/papier en skottelgoedseep

                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 wasgoedversagmiddel

Hasies:         Seuns:        5 rolle t/papier en 1 Handy Andy

                     Dogters:    5 rolle t/papier en  1 Jik/Domestos

Graad R:     Seuns:        5 rolle t/papier en  1 houer tissues     

                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 toiletreiniger/Domestos

 

Dankie vir die ouers wat reeds gebring het.

Vriendelike groete

………………………………………….

Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof

 

Wees geduldig met jouself, niks in die natuur blom heeljaar lank nie.



                                                                                                                15 Oktober 2020

 

Liewe ouers

Hierdie is ons laaste brief van die kwartaal.  Die skool sluit volgende Vrydag  23 Oktober, om 10h00.  Daar sal ongelukkig  vir die Wieg geen vakansie toesig wees nie, as gevolg van Covid 19.  Die skool sluit 23 Oktober en begin weer 2 November 2020.

 

Ons fotodag is 5 November 2020. Kostes is as volg:

Die pakket se koste is R135

Klasfoto R40

Gradeplegtigheid R135 slegs Gr. R leerlinge.

 

Ons vra dat julle asseblief ook die lootjievorms sal terug stuur. Groot pryse te wen! Dit is ‘n gesamentlike fondsinsameling met die Laerskool.

 

Ons het ‘n skrywe van SAOU ontvang van die nuutste Covid reëls. Daarin staan geen kore en konserte nie. Ai, liewe ouers ons wou so graag ‘n lekker kuieraand gereël het, maar ons moet ongelukkig by die reëls hou. So ons gaan net vir die Graad R’e ‘n grade aand aanbied die 19de November 2020. So jammer! Ons sal volgende kwartaal meer inligting daaroor uitgee!

 

Rus lekker ons vakansie week. Ry veilig en kom veilig terug!

 

Vriendelike groete

 

……………………………

Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof

 

“Gebed laat ‘n mens se hart al hoe groter word, sodat dit naderhand groot genoeg is om die gawe van God self te ontvang”

 Moeder Teresa




                                                                                                                  28 Augustus 2020

Liewe Ouers

Ons wil elke ouer en kleuter bedank vir hul bydrae gister met die kosblikkie en worsbroodjie verkope.  Ons wil ook die manne, JP en Zehan bedank, wat in die wind gestaan en braai het, wat ook die rede was dat ons bietjie agter was, die wind het die gas kort kort doodgewaai, so ons vra onverskoning daaroor,. Dan ook die mammas, Anelda, Chantelle en Helena, wat  weereens hul tyd opgeoffer het, om ons te help om die broodjies te pak. Ons waardeer dit opreg.

Vandag verkoop ons worsbroodjies by Senwes, kom ondersteun ons ook daar asseblief. Soos ons gesê het, gaan al die fondse, om te help dat ons ons Beheerliggaamsposte kan behou. Ons bedank ieder en elk vir jul bydrae, ons waardeer dit.

Dit is amper 1 September 2020, Lentedag!! Kleuters betaal R10, dan dollie hulle op vir die dag.  Kleuters ontvang  elkeen ‘n ysie, wat geskenk is, deur Anelda Myburgh. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae  gelewer het.

Middagklas en die Wieg heropen op Maandag, 7 September 2020. Kleuters kom vanaf 1uur na die middagklas, dan word hulle vanaf 16h30 afgevat na die hek toe waar die ouers hulle aflaai in die oggend, dan kry ouers hul daar, tot en met 17h00. Geen kleuter mag na 17h00 afgehaal word nie, die hek moet dan sluit, en die klasse moet gesaniteer word. So kom ons hou asseblief by die  reeling anders, gaan hul die middagtoesig weer toemaak. Dankie vir u samewerking.

Vriendelike groete

 

…………………………………..

Me. M. Marx: KLeuterskoolhoof

Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe. 2 Kor: 9:150

                                                                                                                        20 Augustus 2020

Liewe ouers

 

Baie dankie aan die ouers wat hul skoonmaakmiddels vir die kwartaal gestuur  het.  Ons wil ook elke ouer en kleuter bedank wat so mooi saamwerk met die Covid 19 reëlings, ons waardeer die samewerking,  om almal veilig en gesond te hou.  Ons vra net weer baie mooi, as u kleuter enige simptome toon, om u kleuter asseblief by die huis te hou, en ons dadelik in kennis sal stel.

Ons wil ook net weer die tye besvestig.  Ons begin in die oggende vanaf  07h15 tot 08h00 by die hek, en die middae vanaf 12h30 tot 13h00.

Ons wil kyk of Veronica weer die middagklas, en so ook Wieg 1 &2 vir die middag kan open, maar eers moet ons ‘n opname maak, in hoeveel belangstel.  Kleuters sal vanaf 13h00 na haar toe gaan, Wieg 1 & 2 bly dan in hul klas, en dan sal hulle met kleuters na die hek toegaan, waar kleuters afgelaai word, vanaf 16h30 tot 17h00. Geen kleuter mag na 17h00 gehaal word, hekke moet dan sluit.  As u belangstel, kan u Veronica net laat weet asseblief.

 

Vriendelike groete

 

……………………………………..

Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof

   God gee altyd die beste aan diegene wat die keuse aan Hom oorlaat.



                                                                                                                      14 Augustus 2020

Liewe ouers

Kwartaal 3 het pas begin!  Daar is 11 weke oor vir die kwartaal.  ‘n Lekker lang kwartaal, wat eers die 23ste Oktober sluit.

 

Ons het die week weereens gesien ons kleuters pas goed aan.  Hulle geniet die skool,  speel en hulle maatjies. Ons geniet weer die vrolike lag van die kleuters. Dit is wonderlik hoe die kleuters aangepas het, om hul maskertjies op hul gesiggies te hou.

Ons sien uit na die koms van die Gr R’e, Maandag 17 Augustus!  Julle almal moet sommer vir jul ander maatjies vertel, hoe lekker is dit by die skool, dat hulle ook gou sal terugkom!

Veiligheidsmaatreëls:

As jou kleuter siek is, neus loop, hoes of diarree het, moet hy/sy eerder by die huis bly asseblief. Hierdie reël geld vir ouers, onderwysers en kleuters.  Ons wil graag almal beskerm teen Covid 19.  Indien jy dalk jou kleuter by die huis wil hou vir ‘n dag, laat weet asseblief die klasonderwyseres. Ons vra almal se samewerking asseblief, om almal gesond te hou.

 

Weereens baie dankie aan ons ouers wat so getrou hul skoolfonds betaal.

 

Kwartaal se voorrade:

 

Wieg 1:        Almal:        1 houer tissues, 1 bottel skottelgoedseep. 1 rol swartsakke

Wieg 2:        Almal:        1 houer tissues, 1 rol swartsakke, 1 Jik/Domestos of Handy Andy

Eendjies :     Seuns:        5 rolle t/papier en 1 toiletreiniger of Domestos

                     Dogters:    5 rolle t/papier en houer tissues

Bokkies:        Seuns:       5 rolle t/papier en 1 waspoeier

                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 tissues

Jakkalsies:   Seuns:        5 rolle t/papier en skottelgoedseep

                     Dogters:    5 rolle t/papier en waspoeier

Bytjies:          Seuns:       5 rolle t/papier en skottelgoedseep

                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 wasgoedversagmiddel

Hasies:         Seuns:        5 rolle t/papier en 1 Handy Andy

                     Dogters:    5 rolle t/papier en  1 Jik/Domestos

Graad R:     Seuns:        5 rolle t/papier en  1 houer tissues     

                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 toiletreiniger/Domestos

 

Vriendelike groete

 

………………………………………….

Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof

 

“ U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou”.


                                                                                                                            5 Maart 2020

Liewe ouers
Net ‘n laaste brief vir die kwartaal, om vir ieder en elk dankie te sê  vir die kwartaal wat so verby gevlieg het.

Wat ‘n hèèrlike dag was dit nie die 28ste Februarie, ons atletiek, voorwaar weer ‘n dag om te onthou!! Kleuters het die oggend so mooi aangetrek, om te wys wat hul eendag wil word!!  Groot drome wat dalk eendag waar kan word! Dankie ouers!!
Ons jaarlikse atletiekbyeenkoms was die middag. Onder groot aanmoediging van Steyn Groenewald, het die kleuters die middag terdeë geniet!!  Die skaap  het groot belangstelling gewek, en die gelukkige wenner was Mnr. Koos Smith.  Baie geluk!!
Dankie weereens vir alle bydraes wat ons ontvang het, om die dag so mooi en lekker te maak. Ons waardeer elkeen se insette.
Ons wil ook vir Chantelle Reitz, assistent in die Eendjieklas, wat ons gaan verlaat die einde van die kwartaal, baie sterkte toewens!

Skool sluit 20 Maart 2020, om 10h00, en begin weer op 31 Maart 2020.  Wieg 1 & 2 is oop die vakansie.

Ons weet almal trek swaar, maar ons vra assebief vir enige kruideniers/nie bederfbare produkte wat u kan afstaan, sodat ons weer ons minder bevoorregte kindertjies kan help. Dit  kan  afgegee word in die kantoor, by Veronica.

Vriendelike groete

……………………………………….
Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof


Kom na MY toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en EK sal julle rus gee.       Matteus 11:28


Atletiek 2020
Atletiek program vir 2020 om 16h00 te Kroonheuwel Rugbyveld !
Aankondiger              -    Steyn Groenewald
Afsetter                       -    Mnr Werner
Musiek en klank        -     Christa
Program verloop as volg:
* Kleuters kom bymekaar om 15:45 op grasbane (netbalbane) agter die paviljoen by  
   hulle juffrouens!
* Om 16:00 loop ons om die baan en doen die kreet!   
* Verwelkoming: Steyn Groenewald
* Opening en bedankings: Juf. Marthie

1. Wieg 1 en 2                   - Ouer moet stap met baba of kleuter (of op skouer, dra  
                                               of abba) en stap dan vanaf afsetspunt tot by wenstreep!
2. Eendjies                         - Ouers wag by die wenstreep.
3. Bokkies en Jakkalsies   - Ouers wag by die wenstreep. 
4. Hasies en Bye                - Ouers wag by die wenstreep.
5. Gr. R’e                            - Ouers wag by die wenstreep.
6. Aflos                                - Eerste groep begin met ballonne tussen knieë tot in helfte.
   (4 persone per span)       Tweede groep loop met boontjiesak op hul kop tot by
                                              wenstreep.
                                              Derde groep spring met hoepels tot by die begin punt.
                                              Vierde groep hardloop tot by die wenstreep.
7. Eiers gooi
8. Groot oomblik  - Skaapborde op gras.

9. Toutrek 


                                                                                                                   20 Februarie 2020
Liewe ouers

Valentynsdag, Dankie vir spoggerige kleuters!
25 Februarie, Dinsdag, Bring vorms van pizzas en worsbroodjies bestellings vir atletiek terug!
26 Februarie, Woensdag, Skaaplootjie vorms terug! Kry papierborde by kantoor!
28 Februarie, Vrydag, Opdollie gratis oggend! wat ek wil eendag word bv. brandweerman.
28 Februarie, Vrydag, Koekverkoping
28 Februarie, Vrydag om 16h00, Atletiek op die rugbyveld!! KLEUTERS en GESINNE WELKOM!! Lekker pret middag!! Snoepie beskikbaar! WEN SKAAP!! 

Mooi week!!


Belangrike inligting tov Kroonheuwel Skoolfonds:
Dit is ons as Ouers se verantwoordelikheid om die betaling van skoolfonds op datum te hou.
Alle uitstaande skoolgelde tov 2019 wat teen 4 Maart 2020 nie ten volle betaal is en of skriftelik ‘n betalings ooreenkoms by die kantoor kom voltooi het nie, sal oorhandig word vir invordering.
Alle skoolgelde is vooruit betaalbaar.
Voortaan sal alle skoolfonds rekeninge uitgestuur word met ‘n Ontvangs erkenning strokie wat deur die Ouer geteken moet word en terug gestuur word na Klas register onderwyser waar dit afgemerk sal word en na die Finasiele Kantoor gestuur sal word.
Indien U skoolfonds per EFT inbetaal word, gebruik asb. die korrekte rekening nommer as inbetalings verwysing, Hierdie Unieke nommer sal op U rekening links bo verskyn. Let asb. dat Kleuter Kommando se kinders elk ‘n individuele rekening het en dat hul  nie meer as gesinne soos KPS se rekeninge gaan kry nie.
Dus moet Ouers asb. spesifiseer op hul bewys van inbetaling of die gelde tov Kleuter Kommando en of KPS is. Sien asb. die volgende voorbeelde :
 09600 Pienaar Skoolfonds
 R07800 Hasies Pienaar Skoolfonds
Indien U per EFT skoolfondse oorbetaal kies asb. op U bank die opsie om bewys van betaling per Epos te stuur aan :  Skoolgeld@kroonheuwel.co.za
Indien U nie bewys kan Epos nie, handig asb. bewys van betaling by skool Kantoor in.
Indien  daar enige onduidelikhede is kom asb. na die Finansiele Kantoor Vanessa en Tania sal U enige tyd van hulp wees.


Baie dankie vir U samewerking


…………………………………

Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof


                                                                                                                      13 Februarie 2020

Liewe ouers

Net ‘n kort briefie om jul te herinner aan Valentynsdag, môre.  Kleuters betaal R10 , dan kan hulle rooi, wit of pienk aantrek, en elke kleuter kry ‘n  spookasem!  Elke juffrou neem foto’s in die klas, wat hulle dan op hul groepe gaan plaas, so jul kan self foto’s aflaai en ontwikkel.
Ons het voorbeelde van die grootte vir die Kleuterkommando hempies gekry, u kan in die kantoor kom pas.

Maak seker jy het ‘n skaapvorm ontvang by jou kleuter se klasonderwyseres, om teleurstelling te voorkom!  Vir die nuwe ouers, wil ons net verduidelik hoe dit werk.  Jy verkoop lootjies op jou skaapvorm, as jy die vorm terugbring, word daar vir elke naam wat jy op jou lys het, ‘n papierbord geskryf.  Die dag met die atletiek, word al die borde binne ‘n kraal vasgesit op die gras, en dan word die skaap losgelaat, en op die bord wat hy sy “merkie” los, daai persoon wen die skaap!! Dit is regtig groot pret!!

Dan wil ons graag ‘n opname maak van ons meerjarige kalender, om te sien hoeveel belangstelling daar is.  Dis ‘n groot werk, en ons moet weet of dit die moeite werd is, so gee ons asseblief ‘n aanduiding of jy belangstel! Die koste gaan plus minus so R160 ‘n kalender wees.
Indien jy belangstel, gee jou naam op by jou kleuter se klasonderwyseres.

Vriendelike groete

…………………………………
Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof

Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Hebreërs 12: 1,2
                                                          
                                                                                                                    06 Februarie 2020

Liewe ouers

Die tyd vlieg so vinnig verby, ons lewens gaan so gou verby, kom ons gryp elke dag, en leef dit voluit!!

Aankomende Saterdag, 8 Februarie, het ons reg oorkant Country Meat, ons Boerewors kompetisie.  Kom en ondersteun ons asseblief!!Verlede jaar het Johan Slabbert Skool, die prys gewen vir die beste gees! Kom ons probeer om die jaar met die titel weg te stap!  Johan Pretorius, ouer van ons skool, het verlede jaar die kompetisie gewen. Johan gaan weer ons skool verteenwoordig met die braai!  Ons gaan verlede jaar  se wengeld gebruik, om kamera’s in ons skool te sit!
Ons is nog besig met kwotasies.  Dankie Johan, jy is ‘n ster!! Sterkte vir Saterdag!!
Vrydag, 14 Februarie, is dit Valentynsdag! Kleuters kan dan rooi, wit of pienk aantrek.  Elke kleuter betaal R10, en kry dan ook ‘n spookasem!  Elke Juffrou gaan haar kinders in die klas afneem, en dan die foto’s op die groepie sit sodat ouers self die foto kan ontwikkel as hul wil!
Ons atletiek vind plaas op Vrydagmiddag, 28 Februarie, om 16h00, op die Laerskool se rugbyveld.
Neem kennis – daar is ‘n skaap te wen!!! Ons gaan lootjievorms uitgee! Dit gaan Maandag deur die klasonderwyseresse uitgegee word. Maak seker u het ‘n vorm, dan is jy deel van die groot pret met die skaap!!
Enige ouer wat weer belangstel om ‘n Kleuterkommando hempie te bestel, kan u kleuter se naam opgee by die onderwyseres, sodat ons die getalle  vir die verskaffers kan deurgee, en dan volgens die getal van hoeveel hempies, sal hulle vir ons ‘n prys gee. Ons sal dan weer ‘n afskeurbriefie uitgee, waar u dan die kleuter se groote kan gee.
Ons leerkragte beplan om ‘n meerjarige (verjaardag) kalender te maak, met kleuters se kuns.  Elke ouderdom kry ‘n maand om te versier.  Ons wil probeer om die kalender so in die helfte van die jaar uit te gee, dan kan u dit as’n kers- of verjaardaggeskenk aan ‘n persoon gee.

Ons vra onverskoning vir  die hek se klokkie wat nie werk nie, die weer van nou die dag het hom getref. Ons het  iemand gekry wat sal kom kyk. Jammer vir die ongerief.

Dankie vir die ouers wat reeds hul skoonmaakmiddels vir die kwartaal gebring het.

Vriendelike groete

………………………………………………

Me. Marx: Kleuterskoolhoof

Wees vriendelik en bedagsaam met almal met wie jy te doen kry – net omdat JY goeie maniere het.


                                                                                                                    22 Januarie 2020
Liewe Ouers

2020 het begin!! Wat ‘n groot uitdaging! ‘n Heerlike vooruitsig, om hierdie jaar aan te pak!
Dankie aan al die ouers vir jul teenwoordigheid by ons oueraand, dit was so lekker om jul daar te sien!

Ons kwartaalprogram is as volg:
Ons wil net noem dat die fliekaand, wat 31 Januarie 2020 sou plaasvind, vir eers uitgestel is, tot ‘n latere datum.
Saterdag  8 Februarie – Worsbraai kompetisie
Vrydag 14 Februarie – Valentynsdag
Vrydagmiddag – 28 Februarie om 16h00 – Atletiekdag!  Ons sal later meer besonderhede deurgee.  Neem kennis – daar  is ‘n skaap te wen!
Koekverkopingdatums :
31 Januarie 2020 – Wieg 1 & 2, Eende en Bokkies
21 Februarie 2020 – Gr R’e
13 Maart 2020 – Bytjies, Hasies en Jakkalsies
Ons verkoop Vrydag, 24 Januarie 2020, pannekoek @ R4 ‘n pannekoek. Ons gee ‘n strokie uit wat u kan invul, en terugstuur skool toe, indien u sou belangstel.
Ons vra groot asseblief dat u al u kleuter se goedjies duidelik merk!!

Dan gee ons ook net weer die kwartaal se voorrade vir u deur:

Wieg 1:        Almal:        1 houer tissues, 1 bottel skottelgoedseep. 1 rol swartsakke
Wieg 2:        Almal:        1 houer tissues, 1 rol swartsakke, 1 Jik/Domestos of Handy Andy
Eendjies :     Seuns:        5 rolle t/papier en 1 toiletreiniger of Domestos
                     Dogters:    5 rolle t/papier en houer tissues
Bokkies:        Seuns:       5 rolle t/papier en 1 waspoeier
                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 tissues
Jakkalsies:   Seuns:        5 rolle t/papier en skottelgoedseep
                     Dogters:    5 rolle t/papier en waspoeier
Bytjies:          Seuns:       5 rolle t/papier en skottelgoedseep
                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 wasgoedversagmiddel
Hasies:         Seuns:        5 rolle t/papier en 1 Handy Andy
                     Dogters:    5 rolle t/papier en  1 Jik/Domestos
Graad R:     Seuns:        5 rolle t/papier en  1 houer tissues     
                     Dogters:    5 rolle t/papier en 1 toiletreiniger/Domestos

Vriendelike groete

……………………………………………………
Me. M. Marx: Kleuterskoolhoof


Deur geloof word: dit wat bó ons is, goed: dit wat óm ons is,mooi, en dit wat vóór ons is, heerlik.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.