Welkom by Kleuterkommando

Die Kleuterskool waar elke kleuter die geleentheid kry om te ontwikkel tot sy volle potensiaal en 'n soldaatjie vir Jesus te word!

Middagklas

Middagklas

Ons kleuterskool se amptelike ure is tot 13:30 maar ons bied u ook die gerief van 'n "middagklas". U kan u kleuter met 'n geruste hart onder die toesig van twee bekwame personeellede laat, terwyl u nog by die werk is in die middag. Hierdie diens is egter nie ingesluit by die skoolfonds nie.  (Sien fooie hier onder.)

Die kleuters eet almal saam middagete om 13:00 tot 14:00 en daarna speel hulle heerlik buite op ons terrein, onder die toesig van me. Veronica Pieters.

Kleuters moet voor 17:15 in die middae opgelaai word.

Fooie:

R600 per kwartaal

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.